Die Departement van Kultuursake en Sport (DKES) nooi geregistreerde kuns- en kultuurorganisasies wat by die beeldende kunste, uitvoerende kunste (bv. musiek, dans en drama), woordkuns en handwerk betrokke is asook kultuurprogramme en kultuurfeeste om hul aansoeke om projekbefondsing vir die 2017/2018-boekjaar in te dien.
Aansoeke word ingewag vir befondsing van projekte wat kuns en kultuur in die Wes-Kaap sal bevorder, ontwikkel en bewaar, in die besonder projekte wat:
Aansoeke moet op die voorgeskrewe aansoekvorm ingedien word, en van die nodige ondersteunende dokumentasie vergesel word.
Die aansoekvorms is beskikbaar by www.westerncape.gov.za/cas en navrae of versoeke vir aansoekvorms kan gerig word aan een van die onderstaande beamptes:
Kaapstad Hoofkantoor/Vredendal Streekskantoor Fareedah Hunter Tel.: 021 483 9724 Fareedah.Hunter@westerncape.gov.za |
Oudtshoorn Streekskantoor April Meiring Tel.: 044 2791766 April.Meiring@westerncape.gov.za |
Aansoeke kan gepos, per koerier gestuur of persoonlik afgelewer word. Gebruik asseblief die onderstaande adresse in hierdie verband:
Per pos DKES Kuns en Kultuur Privaatsak X9067 Kaapstad 8000 |
Per koerier/per hand 3de Vloer Protea Assuransie-gebou Groentemarkplein Kaapstad 8001 |
Oudtshoorn Streekskantoor Seppie Greeff-gebou 215 Oudtshoorn 6620 |
Vredendal Streekskantoor Matzikamastraat 31 Vredendal 8160 |
Spertyd vir aansoeke: Vrydag 31 Maart 2017 om 16:00.
Geen aansoeke sal per faks of per e-pos aanvaar word nie.
Geen laat aansoeke sal aanvaar word nie.
Let asseblief daarop: Befondsing is beperk. Tydige indiening van ’n voltooide aansoekvorm waarborg nie befondsing nie.
FORMS
AANSOEK VORM OM BEFONDSING - 2017/18-BOEKJAAR
APPLICATION FORM FOR FUNDING - 2017/18 FINANCIAL YEAR
ISICELO SONCEDO-MALI - SONYAKA-MALI WAMA-2017/18
Last published 04 February 2019