Bitou Munisipaliteit se Raad, by n gewone Raadsvergadering gehou op die 30ste Junie 2020, het goedkeuring gegee vir die afskrywing van n bedrag meer as 11(elf)miljoen rand skuld aan hulpbehoewende verbruikers.
Dit sal hulp versteen aan meer as 1009 hulpbehoewende verbruikers. Hierdie besluit is in lyn met die Bitou Raads beleid, om skuld aft e skryf vir eerste hulpbehoewende verbruikers wie aansoek gedoen het.
Die bogenoemde besluit is geneem on die oorweldigende persentasie van debiteure op ons boeke te hanteer.
Raadslid Mphakamisi Mbali, lid van die Burgemeesters Komitee vir finansies op die Bitou Munisipaliteit Raad, voer aan dat inwoners van Plettenberg Baai/Bitou jare al nie hul dienste op kan datum bring nie. Dit het veroorsaak dat verbruikers se skuld oor die jare vermeerder en gevolglik ons invorderings boeke oorweldig. Baie pogings was probeur on die situasie te red, maar het geen vrugte opgelewer nie.
Raadslid Mbali voer verder aan dat die hoe finansiele las swaar boo ns inwoners hang wat alreeds nie kop bo water kan hou nie.
Hy gaan verder om te se dat Bitou Munisipaliteit nou kyk na ou skuld van inwoners, en om oplossings te vind gevolglik inwoners weer op goeie finansiele standing met die munisipaliteit te kry.
Die Uitvoerende Burgermeester, Raadslid Peter Lobese, die Bitou Munisipaliteit stem ook saam met Raadslid Mphakamisi Mbali dat hierdie is ’n poging om inwoners wat hard getref is deur die swak ekonomiese toestand in die hele land. Die impak van die Covid -19 pandemie maak di took baie moeilik vir die inwoners en ons moet instap om verlies te bring.
Die munisipaliteit hoop dat verandering in die beleid ons inwoners sal aanmoedig om steeds hul dienste te betaal, sodoende die munisipaliteit steeds dienste aan ons inwoners kan verskaf. Ons wil verbruikers aanmoedig, veral die wie finansieel bemoeid is om met ons inkomste afdeling te kommunikeer om gepaste reelings te tref.
Die Bitou kredietbeheer beleid maak voorsiening vir verbruikers en gee opsies om beide verbruikers en tariewe rekeninge te bestuur.
Bitou Munisipaliteit moedig u aan om advise te kry by ons amptenare in die inkomste afdeling sou u dit nodig.
Uitgereik Deur Andile Namntu van die Bitou Kommunikasie Departement naamens Munisipale Bestuurder van die Bitou Munisipaliteit, Advokaat Lonwabo Ngoqo
Enquiries: BITOU COMMUNICATIONS AND CUSTOMER CARE SECTION, Tel: 044 501 300 6, Mobile: 0767 348 483, E-mail: anamntu@plett.gov.za; Communications, Department: Corporate Services, BITOU MUNICIPALITY
Last published 03 August 2020