PUBLIEKE KENNISGEWING VIR INSPEKSIE VAN DIE EERSTE AANVULLENDE WAARDASIEROL (AW01) EN INDIEN VAN BESWARE
Kennis word hiermee gegee in terme van Artikel 49(1)(a)(i) saamgelees met Artikel 78(2) van die Plaaslike Regering: Munisipale Eiendomsbelasting Wet 2004 (Wet Nr.6 van 2004), hierna verwys na as die "Wet" dat die eerste Aanvullende Waardasierol vir die 2017/18 boekjaar ter insae lê vir openbare inspeksie by die onderskeie munisipale kantore en biblioteke binne die munisipale grense sowel as die Raad se webwerf by www.bitou.gov.za vanaf: 25 April 2018 tot 25 Mei 2018.
‘n Uitnodiging word hierby gerig, in terme van Artikel 49(1)(a)(ii) saamgelees met Artikel 78(2) in die Wet, dat enige eienaar van eiendom of enige ander person wat dit nodig ag, ‘n beswaar by die munisipale bestuurder kan indien vir enige aangeleentheid vervat of weggelaat in die aanvullende waardasierol binne bogenoemde tydperk.
U aandag word spesifiek daarop gevestig dat in terme van Artikel 50(2) van die Wet’n beswaar teen ‘n spesifieke individuele eiendom ingedien moet word, en nie teen die waardasierol in sy geheel nie. Die amptelike vorm om ‘n beswaar in te dien is beskikbaar by die onderskeie munisipale kantore en biblioteke binne die munisipale grense asook webwerf: www.bitou.gov.za
Die voltooide vorm moet ingedien word by die volgende adres: Bitou Munisipaleteit, Inkomste Afdeling, Privaatsak X1002, PLETTENBERGBAAI, 6600. Besware kan ook elektronies ingedien word by rates@plett.gov.za. Die sperdatum vir die indiening van enige beswaar is Vrydag, 25 Mei 2018. Enige besware wat laat ontvang word sal nie oorweeg word nie.
Hierdie kennisgewing het vir die eerste keer op: 20 April 2018 verskyn.
Navrae kan telefonies gerig word aan: Me. P Pantsi by 044-501 3047 of Mev. P Sakati by 044-501 3054 of per e-pos aan rates@plett.gov.za
Munisipale Kennisgewing Nr.: 100/2018
G GROENEWALD
WAARNEMENDE MUNISIPALE BESTUURDER